Tuis

Nog nie ‘n ondersteuner nie?

Klaar ondersteuner, registreer op die webwerf.

Klaar ondersteuner en geregistreer, teken nou in.

Wat is Ekstra wiskunde?

Ekstra Wiskunde is ’n ledevoordeel vir Solidariteit Helpende Hand-ondersteuners wat maandeliks per debietaftrekorder ’n minimum van R50 skenk. *

Dit staan buite alle twyfel dat Wiskunde van kardinale belang is vir leerders, maar die vak is dikwels ’n probleem-vak vir baie. Ongelukkig is ekstra wiskundeklasse baie duur en nie almal kan dit bekostig nie.

“Helpende Hand glo dat armoede aangespreek kan word deur in opleiding te belê, en daarom is dit belangrik dat leerders toegang het tot die beste moontlike opleiding,” sê dr. Danie Brink, Helpende Hand se uitvoerende direkteur. “Dit is hoekom ons nou vir ons ondersteuners toegang tot ekstra wiskundeklasse van wêreldgehalte bied.”

Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) bied ondersteuners nou toegang tot weeklikse klasse wat bygewoon kan word by een van ses Akademia sentrums in Centurion, Pretoria-Moot, Boksburg, Krugersdorp, Somerset-Wes en Vanderbijlpark.

Ondersteuners wat nie fisies die klasse by die sentrums kan bywoon nie, kan deur registrasie spesiale toegang tot ’n video van die klas op Youtube verkry, daar is nie beperkings op die hoeveelheid kere wat die video besigtig kan word nie. Daar is ook ’n spesiale forum waar vrae gevra kan word indien iets in die les onduidelik was.

Sitplek in elk van die sentrum is beperk en moet weekliks op www.ekstrawiskunde.co.za bespreek word. Die identiteitsnommer van die Helpende Hand ondersteuner is nodig om ’n bespreking te maak vir jou kinders.

Deur aan te sluit verkry jy nie dadelik toegang nie, aangesien die debietaftrekorder eers verhaal moet word, voor jy kwalifiseer vir ledevoordele. Indien ondersteuning aan Helpende Hand gestaak word, sal toegang tot die klasse verbied word.

*Solidariteit Helpende Hand beskou ’n ondersteuner as ’n persoon wie se maandelikse bydra reeds per aktiewe debietorderaftrekking verhaal is. Hierdie proses kan tussen 30 en 60 dae neem om gefinaliseer te word en word eers deur Helpende Hand se hoofkantoor geverifieer voordat ’n lid toegang tot die voordeel sal kry.

Beskikbare Akademia studiesentrums:
Centurion, Moot, Boksburg, Krugersdorp, Somerset-Wes, Van der Bijlpark