Wiskunde-voordeel

Solidariteit Helpende Hand se Wiskunde-voordeel

Wiskunde open werklik deure vir jongmense en maak dit moontlike om gesogte beroepe te volg. Moenie dat Wiskunde ’n nagmerrie vir jou en jou kinders word nie. Sluit aan by Helpende Hand en kry uitstekende Wiskunde-voordele vir jou kinders terwyl jy ook bydra tot projekte wat duisende behoeftige kinders regoor die land ondersteun. Wiskunde vir jou en hulp vir ander!

Die voordele sal eers beskikbaar wees sodra die eerste debietorder suksesvol afgegaan het.

  1. Solidariteit Helpende Hand lede se kinders ontvang toegang tot ekstra aanlyn Wiskunde-klasse vir graad 4 tot 12. Hierdie klasse word weekliks as video’s opgelaai op ekstrawiskunde.co.za en kinders kan op hulle eie tyd die klasse benut. Klasse word aangebied deur vakkundiges en is gebasseer op die die KABV kurrikulum. Lede kan met hulle ID-nommer op www.ekstrawiskunde.co.za registreer.Graad 12-klasse word ook weekliks op www.ekstrawiskunde.co,.za gelaai en word regstreeks uitgesaai via Akademia se 11 uitsaaisentrums regoor die land. Vir die volledige skedule van aanlyn klasse, besoek www.ekstrawiksunde.co.za . Besprekings vir die graad 12 klasse moet vooraf op die webtuiste geskied.
  2. Alle nuwe lede wat aansluit op die Wiskunde-voordeel ontvang ’n R600-koepon vir die Markplein-webtuiste. Met hierdie koepon kan ou vraestelle, oefenvraestelle, memorandums, werkkaarte, Wiskunde-wenke en nog vele meer afgelaai word. Daar is ook gratis studiemateriaal wat afgelaai kan word. Lede kan diemarkplein.co.za besoek om die koepon te gebruik.
  1. Lede se kinders het ook toegang tot ’n Wiskunde-spesialis vir vrae en antwoorde. Die Wiskunde-boffin sal jou met moeilike probleme kan help en kan via e-pos of WhatsApp gekontak word. Alle inligting is op ekstrawiskunde.co.za
  1. Helpende Hand bied ook van 12-14 Julie 2017 ʼn Wiskunde-winterskool vir graad 12 leerders Hierdie klasse is gratis vir Helpende Hand ondersteuners se kinders. Maak seker dat jy jou kinders vroegtydig op www.akademia.ac.za/wiskunde registreer.
  1. Verder bied Helpende Hand se V.A.W. (Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde onderwysers) ook ’n YouTube-kanaal met verskeie video’s wat jou kind met Wiskunde kan help.
  1. Helpende Hand stel ook in Meimaand die nuwe Wolkskool App Hierdie App gebruik minimum data (R2/per uur) en sal 24 uur/7 dae ’n week Wiskunde-lesse uitsaai. Leerders van graad 4 tot 12 kan hier Wiskunde-klasse kry net wanneer hulle pas. Lede se ID-nommers sal hulle ook toegang tot hierdie App gee.